Sterilisasie van troeteldiere

Weekliks kom baie eienaars hul plig na en laat hulle diere steriliseer. Dit is die aangewese ding om te doen en help om die honde- en katpopulasie in toom te hou. Ten spyte van hierdie positiewe bydrae van ons kliënte, is daar nog steeds ‘n groot aantal rondloperdiere wat teen ‘n reuse tempo aanteel. ‘n Mens hoef net na die hoeveelheid rondloper honde en katte in woonbuurtes, informele woonbuurtes en dierewelsyns-organisasies soos die SPCA te kyk. Die gevolg is erge dieremishandeling weens honger, vermaering, bakleiwonde en nog verdere onbeheerde aanteling van troeteldiere. Minder bekende gevolge is die verspreiding van siektes soos Parvovirus (“katgriep”), hondesiekte en die lewensgevaarlike hondsdolheid. Rondloperhonde is die hoofoorsaak van mensterftes aan hondsdolheid. Rondloper katte roei ook die plaaslike voëllewe uit. Hierdie probleem kom wêreldwyd voor en volgens statistieke wat deur die Humane Society of the United States vrygestel is, word 6 tot 8 miljoen honde per jaar van die Amerikaanse strate deur veskeie instansies gered. Ongelukkig moet meer as helfte van die diere later ‘n genadedood ontvang. Die organisasie bereken ook dat ‘n geslagsrype teef twee werpsels van gemiddeld 6 – 8 hondjies per jaar kan hê. Die teef en haar nasate kan teoreties teen hierdie tempo oor ‘n tydperk van 6 jaar ‘n ongelooflike 67 000 kleintjies voortbring waarvan baie ongewens sal wees.

Mense voer verskeie redes aan hoekom hulle nie hul diere wil steriliseer nie, maar dit is al bewys en word onderskryf deur die Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika dat gesteriliseerde diere nie van persoonlikheid verander wanneer hul diere gesteriliseer word nie en dat daar baie ander voordele spruit uit sterilisasie. Op ‘n daaglikse basis word tewe behandel vir baarmoeder infeksie en borskanker (mamillêre adenokasinome) omdat hulle nie vroegtydig “reggemaak” is nie, om nie eers om te praat van keisersneë wat uitgevoer moet word wanneer kleintjies te groot is weens ongwenste dekking nie.

Ons is almal diereliefhebbers en hierdie statistieke en inligting is ontstellend en ons sal graag die aantal rondloperhonde wil beheer deur vroegtydige sterilisasie. Dra hierdie boodskap uit na ander diere-eienaars en sorg dat katte en honde wat reeds 6 maande oud is so gou as moontlik gesteriliseer word.

Doen die regte ding en steriliseer jou troeteldier.

Back

Bookings

All hours | 011 954 2350

Shop Online

Online food and product ordering via e-petstore.

ePet Store Online Shop

Banking Details

ABSA Bank
Cheque Account
Account Holder: Noordheuwel Animal Clinic
Branch Number: 632 005
Account Number: 408 464 7331